2024
Voorkoms
2024 |
◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 2019 | 2020 | 2021 | 2022 | 2023 | ◄ 2024 ► | 2025 | 2026 | 2027 | 2028 | 2029 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:2024 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 2024 is die huidige jaar en 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dis is die 24ste jaar van die 21ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1 Januarie – België neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Spanje oor.
- 14 Januarie – Nadat Margrethe II ten gunste van haar oudste seun abdikeer het, lê Frederik X die ampseed as nuwe koning van Denemarke af.
- 4 Februarie – Ná die dood van die Namibiese president Hage Geingob word volgens die grondwet Nangolo Mbumba as sy opvolger ingesweer.
- 25 Februarie – Aaron Bushnell, 'n 25-jarige dienspligtige van die Amerikaanse Lugmag, verbrand homself buite die Ambassade van Israel in Washington, D.C. in protes teen Israel se optrede in Gasa.
- 7 Maart – In reaksie op die Russiese inval in Oekraïne sedert 2022 sluit Swede as 32ste lidland by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie aan.
- 22 Maart – 'n Gekoördineerde terroriste aanval in die Krokus Stadsaal—musieklokaal in Moskou eis die lewens van meer as 133 mense.
- 13 April – Die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps (IRGC) van Iran loods 'n missiel en hommeltuigaanval op Israel.
- 9 Mei – Hemelvaartsdag.
- 15 Mei – Die Slowaakse eerste minister Robert Fico word in 'n sluipmoordpoging in Handlová gewond.
- 29 Mei – Die sewende algemene verkiesing in Suid-Afrika vind plaas.
- 4–30 Junie – Die 9de T20I-wêreldbeker word in die Verenigde State en Wes-Indië aangebied en deur Indië gewen.
- 4 Junie – Die uitslag van die Indiese algemene verkiesing wat van 19 April tot 1 Junie in sewe fases gehou is om al die 543 lede van die Lok Sabha te verkies, word bekend gemaak.
- 6–9 Junie – Verkiesings vir die Europese Parlement.
- 1 Julie – Hongarye neem die voorsitterskap van die Europese Unie by België oor.
- 2 Julie – Die Nederlandse Schoof-kabinet word saamgestel.
- 4 Julie – Die Britse verkiesing vir die laerhuis word deur die Britse Arbeidersparty gewen.
- 7 Julie – Presidentsverkiesing in Meksiko.
- 13 Julie – Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump word beseer in 'n sluipmoordpoging tydens 'n Republikeinse veldtogsaamtrek naby Butler, Pennsilvanië.
- 19 Julie – 'n Foutiewe opdatering van sekuriteitsagteware deur CrowdStrike, 'n Amerikaanse kuberveiligheidsmaatskappy het besighede en regerings regoor die wêreld is geraak in wat beskryf is as die grootste onderbreking in die geskiedenis van inligtingstegnologie tot op daardie stadium.
- 2 Augustus – Die Olimpiese Somerspele 2024 begin in Parys, Frankryk.
- 18 Augustus – Afsluiting van die Olimpiese Somerspele 2024.
- 28 Augustus – 8 September – Die Paralimpiese Somerspele 2024 sal gehou word.
- 5 November – Presidentsverkiesing in die Verenigde State van Amerika.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 3 Januarie – Edwill van Aarde, Suid-Afrikaanse televisie-, radio-omroeper en sportkommentator (* 1938).
- 4 Januarie – Glynis Johns, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1923).
- 7 Januarie – Franz Beckenbauer, Duitse sokkerspeler en bestuurder (* 1945).
- 11 Januarie – Gonzalo Lira, Amerikaanse ondersoekende joernalis en oorlogskommentator. (* 1968).
- 13 Januarie – Joyce Randolph, Amerikaanse aktrise (* 1924).
- 30 Januarie – Chita Rivera, Amerikaanse aktrise (* 1933).
- 2 Februarie – Don Murray, Amerikaanse akteur (* 1929).
- 4 Februarie – Hage Geingob, Namibiese politikus en derde president van Namibië (* 1941).
- 10 Februarie – Aletta Bezuidenhout, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1949).
- 11 Februarie – Kelvin Kiptum, Keniaanse langafstandhardloper (* 1999).
- 16 Februarie – Aleksei Nawalni, Russiese regsgeleerde, politikus en finansiële aktivis (* 1976).
- 17 Februarie – Mike Procter, Suid-Afrikaanse krieketkaptein en keurder (* 1946).
- 11 Maart – Eric Carmen, Amerikaanse sanger (* 1949).
- 11 Maart – Paul Alexander, Amerikaanse verlamde polio-oorlewende, wat die laaste man was wat in 'n ysterlong geleef het (* 1946).
- 18 Maart – Hans Heese, Suid-Afrikaanse skrywer en genealoog (* 1945).
- 21 Maart – Markus Jooste, Suid-Afrikaanse sakeman (* 1961).
- 3 April – Vera Tschechowa, Duitse aktrise (* 1940).
- 4 April – Hennie Maas, Suid-Afrikaanse omroeper (* 1942).
- 10 April – O.J. Simpson, afgetrede Amerikaanse voetbalspeler, akteur en misdadiger (* 1947).
- 20 April – Andrew Davis, Engelse dirigent (* 1944).
- 29 April – Dingaan Thobela Suid-Afrikaanse professionele bokser (* 1966).
- 17 Mei – Sid Going, Nieu-Seelandse rugbyspeler (* 1943).
- 21 Mei – James Selfe, Suid-Afrikaanse politikus (* 1955).
- 1 Junie – Ruth Maria Kubitschek, Duitse aktrise (* 1931).
- 7 Junie – "Bill" Anders, Apollo 8-ruimtevaarder (* 1933).
- 12 Junie – Wjatsjeslaf Zoedof, Sowjetse ruimtevaarder (* 1942).
- 18 Junie – Willie Mays, Amerikaanse bofbalspeler (* 1931).
- 20 Junie – Donald Sutherland, Kanadese akteur (* 1935).
- 11 Julie – Shelley Duvall, Amerikaanse aktrise (* 1949).
- 13 Julie – Shannen Doherty, Amerikaanse aktrise (* 1971).
- 18 Julie – Bob Newhart, Amerikaanse akteur en skrywer (* 1929).