Gaan na inhoud

Oranjerivier-Afrikaans

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die geolek Oranjerivier-Afrikaans[1] het sy ontstaan te danke aan die taalkontak tussen Nederlandse nedersetters en die Khoikhoi aan die Kaap. Dit is 'n soort aanleerdersvorm van Afrikaans wat gedurende die 19de eeu die oorspronklike Khoenkhoentale verdring het. Kenmerke is byvoorbeeld die meervoudsvorm -goed (soos in Ma-goed, meneergoed), klankverskille soos in kjerk en gjeld en verskillende vorme van -se om besit aan te dui (ons se ma). Geografies word die Afrikaanse dialekte in drie hoofgroepe verdeel: Kaapse Afrikaans, Oosgrens-Afrikaans en Oranjerivier-Afrikaans.[2]

Oranjerivier-Afrikaans word rondom die Oranjerivier in die Noord-Kaap en Suid-Namibië gepraat. Griekwa-Afrikaans en Namakwa-Afrikaans[3] behoort tot die Oranjerivier-Afrikaanse dialek. Namakwa-Afrikaans word beskou as 'n Noord-westelike variëteit van Afrikaans, ook bekend as Namakwalands.[4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Die kartering van Gariepafrikaans". https://www.taalmuseum.co.za/. {{cite web}}: Eksterne skakel in |website= (hulp)
  2. (af) Blant annet: Van Rensburg, M.C.J. 1984. Die Afrikaans van Griekwas in die tagtigerjare. Pretoria: RGN-rapport.
  3. Van Heerden, Menan, Kulzen, Anzil (26 Oktober 2017). "Oranjerivierafrikaans is nxa!: 'n onderhoud met Anzil Kulsen". LitNet.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  4. Van Huyssteen, Gerhard B, red. (Mei 2020). "User varieties of Afrikaans". Taalportaal. Besoek op 18 Julie 2024.