Gaan na inhoud

Intel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Intel Corporation
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 18 Julie 1968
Hoofkantoor Santa Clara, Kalifornië[1]Verenigde State
SleutelpersonePat Gelsinger (hoof uitvoerende beampte)
Omar Ishrak (voorsitter van die Raad)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieHalfgeleier
ProdukteBluetooth chipsets, geheue, mikroverwerkers, moederbord chipsets, netwerk-koppelvlak-kaarte
Inkomste$52,70 miljard[2] (2013)
Bedryfsinkomste$12,29 miljard[2] (2013)
Netto inkomste$9,62 miljard[2] (2013)
Werknemers105 000[3] (2012)
Webwerfintel.com

Intel is 'n VSA-gebaseerde multinasionale korporasie wat bekend is vir die ontwerp en vervaardiging van mikroverwerkers en spesialiseer in geintegreerde stroombane. Intel vervaardig ook netwerkkaarte, moederborde, flitsgeheue en ander rekenaarkomponente. Intel verskaf mikroverwerkers vir rekenaarvervaardigers soos Lenovo, HP en Dell. Intel se hoofkantoor is in Santa Clara, Kalifornië, in Silicon Valley.

Oorsprong

[wysig | wysig bron]
Andy Grove, Robert Noyce en Gordon Moore in 1978
'n Intel Pentium MMX-mikroverwerker.

Die maatskappy is gestig op 18 Julie 1968 deur Gordon Moore (van Moore se wet) en Robert Noyce. Die derde werknemer was Andrew Grove, wat die maatskappy bestuur het vanaf sy aanvang in 1960 tot sy aftrede in 1990, en dit gebou het tot een van die grootste en suksesvolste besighede in die wêreld.

Moore en Noyce wou die maatskappy 'Moore Noyce' noem, maar die naam was reeds deur 'n hotelgroep geregistreer, en het besluit op die akroniem INTegrated ELectronics.

Die maatskappy het begin as 'n vervaardiger van geheueskyfies voordat hulle oorgeskakel het na verwerkers. Andrew Grove het hierdie oorgang beskryf in die boek Only the Paranoid Survive.

Gedurende die 1990's was Intel se Intel Architecture Labs (IAL) verantwoordelik vir baie van die nuwighede op die terrein van Persoonlike rekenaar-hardeware, onder andere die PCI-bus, Universal Serial Bus (USB) en die tans-dominerende argitektuur vir multiverwerkerbedieners. IAL se sagteware het gemengde sukses behaal; hulle video- en grafikasagteware was belangrik vir die ontwikkeling van sagteware-gedrewe digitale video, maar hulle pogings is later hoofsaaklik oorskadu deur kompetisie van Microsoft. Hierdie stryd tussen Intel en Microsoft het aan die lig gekom in getuienis tydens die Microsoft antitrust-verhoor.

Intel se oorheersing in die x86-mikroverwerkermark het oor die jare tot verskeie aanklagte van antitrust-oortredings gelei, waaronder FTC-ondersoeke in beide die laat 1980's en in 1999, asook siviele regsgedinge soos die hofsaak deur Digital Equipment Corporation (DEC) in 1997 en 'n patentsaak deur Intergraph. Min van die hofsake het op enigiets uitgekom.

Die enigste groot mededinger vir Intel in die x86-verwerkermark is Advanced Micro Devices (AMD), met wie Intel ooreenkomste vir kruis-lisensiëring sedert 1976 het: hulle kan mekaar se gepatenteerde tegnologiese uitvindings gratis gebruik. Kleiner mededingers bestaan, soos Transmeta wat verwerkers vir draagbare toerusting vervaardig wat min krag gebruik.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Intel Corporation Company Profile, besoek op 14 April 2014.
  2. 2,0 2,1 2,2 "Intel Financial Statements". U.S. Securities and Exchange Commission (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2017.
  3. "Employees". 2012 Annual Report (in Engels). Intel. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 14 April 2014.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]